Daaglikse oordenking

MAAR DIT IS SKAARS GELOOFLIK DAT ’N MENS SÓ POSITIEF ONKUNDIG KON WEES!

Wie is U, Here?

Handelinge 26:15

"Die Here het so met ’n sterk hand tot my gespreek." Daar is geen ontkoming wanneer Ons Here spreek nie, Hy kom altyd met ’n inhegtenisneming van die verstand. Het die stem van God regstreeks tot u gekom? Indien wel, kan u u nie vergis oor die intieme aandrang waarmee dit tot u gespreek het in die taal wat u die beste ken nie, nie deur u ore nie, maar deur u omstandighede.

God moet ons vasbeslote vertroue in ons eie oortuigings vernietig. "Ek weet dit is wat ek behoort te doen" — en skielik spreek die stem van God op ’n wyse wat ons oorweldig deur die dieptes van ons onkunde te openbaar. Ons het ons onkunde van Hom getoon in die einste wyse waarop ons vasbeslote was om Hom te dien. Ons dien Jesus in ’n gees wat nie Syne is nie, ons maak Hom seer deur ons pleitbesorging vir Hom, ons dryf Sy aansprake in die gees van die duiwel. Ons woorde klink heeltemal reg, maar ons gees is dié van ’n vyand. "Hy het hulle bestraf, en gesê, Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie." Die gees van ons Here in ’n pleitbesorger van Hom word in 1 Korintiërs 13 beskryf.

Het ek Jesus vervolg deur ’n ywerige vasbeslotenheid om Hom op my eie wyse te dien? As ek voel dat ek my plig gedoen en Hom tog seergemaak het deur dit te doen, kan ek seker wees dat dit nie my plig was nie, omdat dit nie die sagmoedige en stille gees bevorder het nie, maar die gees van selftevredenheid. Ons verbeel ons dat wat ook al onaangenaam is ons plig is! Is dit enigsins soos die gees van ons Here — "Ek verheug My om U wil te doen, o My God."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in