BESKOU WEER EN DINK
“Wees nie besorg oor u lewe nie.”
Matteus 6:25
’n Waarskuwing wat herhaal moet word, is dat die sorge van hierdie wêreld, die bedrieglikheid van rykdom en die begeerlikheid na ander dinge wat inkom, alles sal verstik wat God insit. Ons is nooit vry van die terugkerende getye van hierdie indringing nie. As dit nie op die lyn van klere en kos kom nie, sal dit op die lyn van geld of ’n gebrek aan geld kom; van vriende of ’n gebrek aan vriende; of op die lyn van moeilike omstandighede. Dit is die hele tyd een bestendige indringing, en tensy ons die Gees van God toelaat om die banier daarteen op te rig, sal hierdie dinge inkom soos ’n vloed.
"Wees nie besorg oor u lewe nie." "Wees oor een ding alleen besorg," sê ons Here — "u verhouding met My." Gesonde verstand skree luid en sê — "Dit is onsinnig, ek moet oorweeg hoe ek gaan lewe, ek moet oorweeg wat ek gaan eet en drink." Jesus sê u moet nie. Waak daarteen om die gedagte toe te laat dat hierdie uitspraak gemaak is deur Een wat nie ons bepaalde omstandighede verstaan nie. Jesus Christus ken ons omstandighede beter as ons, en Hy sê dat ons nie oor hierdie dinge moet dink sodat ons hulle die een besorgdheid van ons lewe maak nie. Wanneer daar mededinging is, sorg dat u u verhouding met God eerste stel.
"Vir die dag is sy kwaad genoeg." Hoeveel kwaad het u vandag begin bedreig? Watter soort gemene klein duiweltjies het ingeloer en gesê — Nou wat gaan u volgende maand — hierdie somer doen? "Wees oor niks besorg nie," sê Jesus. Beskou weer en dink. Hou u denke op die "veel meer" van u hemelse Vader.