Daaglikse oordenking

LAAT RUIMTE VIR GOD

Maar toe dit God behaag het . . .

Galasiërs 1:15

As arbeiders vir God moet ons leer om vir God ruimte te maak — om God te voorsien van "elmboogruimte." Ons bereken en raam, en sê dat dit en dat sal gebeur, en ons vergeet om ruimte te maak dat God kan inkom soos Hy kies. Sou ons verbaas wees as God op ’n wyse in ons byeenkoms of in ons prediking inkom waarop ons nooit uitgesien het dat Hy sou kom nie? Moenie daarna uitsien dat God op enige bepaalde wyse kom nie, maar sien na Hom uit. Dit is die wyse om vir Hom ruimte te maak. Verwag dat Hy kom, maar verwag Hom nie slegs op ’n bepaalde wyse nie. Hoeveel ons God ook al mag ken, die groot les om te leer is dat Hy enige minuut kan inbreek. Ons is geneig om hierdie element van verrassing mis te kyk, tog werk God nooit op enige ander wyse nie. Skielik ontmoet God die lewe — "Toe dit die welbehae van God was . . ."

Hou u lewe so standvastig in sy aanraking met God dat Sy verrassende krag na regs en na links kan uitbreek. Wees altyd in ’n toestand van verwagting, en sorg dat u ruimte laat vir God om in te kom soos Hy wil.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in