Daaglikse oordenking

DIE OORMEESTERENDE RIGTING

Ek het vir hierdie doel aan jou verskyn.

Handelinge 26:16

Die visioen wat Paulus op die pad na Damaskus gehad het was geen verbygaande emosie nie, maar ’n visioen wat baie duidelike en nadruklike rigtings vir hom gehad het, en hy sê, "Ek was nie aan die hemelse visioen ongehoorsaam nie." Ons Here het, in werklikheid, vir Paulus gesê — Jou hele lewe moet deur My oormeester word; jy mag geen einde, geen mikpunt, en geen doel hê buiten Myne nie. "Ek het hom gekies."

Wanneer ons wedergebore is het ons almal, as ons enigsins geestelik is, visioene van wat Jesus wil hê ons moet wees, en die groot ding is om te leer om nie aan die visioen ongehoorsaam te wees nie, om nie te sê dat dit nie bereik kan word nie. Dit is nie voldoende om te weet dat God die wêreld verlos het, en om te weet dat die Heilige Gees alles wat Jesus gedoen het in my effektief kan maak nie; ek moet die grondslag van ’n persoonlike verhouding met Hom hê. Aan Paulus is nie ’n boodskap of ’n leer gegee om te verkondig nie, hy is in ’n lewendige, persoonlike, oormeesterende verhouding met Jesus Christus gebring. Vers 16 is ontsaglik gebiedend — "om jou ’n dienaar en ’n getuie te maak." Daar is daar niks afgesien van die persoonlike verhouding nie. Paulus was aan ’n Persoon toegewy nie aan ’n saak nie. Hy het absoluut aan Jesus Christus behoort, hy het niks anders gesien nie, hy het vir niks anders geleef nie. "Want ek het my voorgeneem om niks onder julle te weet nie, behalwe Jesus Christus, en Hom as gekruisigde."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in