DIE BEROEP VAN DIE NATUURLIKE LEWE
“Maar toe dit God behaag het . . . om Sy Seun in my te openbaar . . .”
Galasiërs 1:15-16
Die roep van God is nie ’n roep tot enige bepaalde diens nie; my uitleg daarvan kan wees omdat aanraking met die natuur van God my laat besef het wat ek graag vir Hom sou wou doen. Die roep van God is wesenlik ’n uitdrukking van Sy natuur; diens is die uitvloeisel van wat by my natuur pas. Die beroep van die natuurlike lewe word deur die apostel Paulus gestel — "Toe dit God behaag het om Sy Seun in my te openbaar sodat ek Hom kon predik" (d.w.s., sakramenteel uitdruk ) "onder die heidene."
Diens is die oorvloei van superoorvloedige toewyding; maar, diep gesproke, is daar geen roep daartoe nie, dit is my eie klein daadwerklike deeltjie en is die eggo van my vereenselwiging met die natuur van God. Diens is die natuurlike deel van my lewe. God bring my in ’n verhouding met Homself waardeur ek Sy roep verstaan, dan doen ek uit louter liefde vir Hom dinge uit eie beweging. Om God te dien is die doelbewuste liefdesgawe van ’n natuur wat die roep van God gehoor het. Diens is ’n uitdrukking van dit wat by my natuur pas: God se roep is ’n uitdrukking van Sy natuur; gevolglik wanneer ek Sy natuur ontvang en Sy roep hoor, klink die stem van die goddelike natuur in albei en werk die twee saam. Die Seun van God openbaar Homself in my, en ek dien Hom uit toewyding aan Hom op die gewone wyses van die lewe.