Daaglikse oordenking

DIE STEM VAN DIE NATUUR VAN GOD

Ek het die stem van die Here hoor sê, Wie sal Ek stuur?

Jesaja 6:8

Wanneer ons van die roep van God praat, is ons geneig om die belangrikste kenmerk te vergeet, nl., die natuur van die Een wat roep. Daar is die roep van die see, die roep van die berge, die roep van die groot ysversperrings, maar hierdie roeps word slegs deur die min gehoor. Die roep is die uitdrukking van die natuur waaruit dit kom, en ons kan die roep slegs opteken as dieselfde natuur in ons is. Die roep van God is die uitdrukking van God se natuur, nie van ons natuur nie. Daar is drade van die roep van God wat voorsienig vir ons aan die werk is wat ons herken en niemand anders nie. Dit is die deurvlegting van God se stem tot ons in ’n bepaalde saak, en dit help nie om enigiemand anders daaroor te raadpleeg nie. Ons moet daardie diepe verhouding tussen ons siele en God bewaar.

Die roep van God is nie die eggo van my natuur nie; my verwantskappe en persoonlike temperament word nie in ag geneem nie. Solank ek my persoonlike temperament in ag neem en dink waarvoor ek geskik is, sal ek nooit die roep van God hoor nie. Maar wanneer ek in ’n verhouding met God gebring word, is ek in die toestand waarin Jesaja was. Jesaja se siel was deur die ontsaglike krisis waardeur hy gegaan het so op God afgestem dat hy die roep van God tot sy verbaasde siel opgeteken het. Die meerderheid van ons het geen oor vir enigiets buiten onsself nie, ons kan niks hoor wat God sê nie. Om in die sone van die roep van God gebring te word is om diepgaande verander te word.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in