Daaglikse oordenking

WAAROM KAN EK U NIE NOU VOLG NIE?

Petrus het vir Hom gesê, Here, waarom kan ek U nie nou volg nie?

Johannes 13:37

Daar is tye wanneer u nie kan verstaan waarom u nie kan doen wat u wil doen nie. Wanneer God die leë ruimte bring, sorg dat u dit nie invul nie, maar wag. Die leë ruimte kan kom om u te leer wat heiligmaking beteken, of dit kan ná heiligmaking kom om u te leer wat diens beteken. Moet nooit voor God se leiding uithardloop nie. As daar die geringste twyfel is, lei Hy nie. Wanneer daar twyfel is — moenie.

Aan die begin kan u duidelik sien wat God se wil is — die verbreking van ’n vriendskap, die beëindiging van ’n sakeverhouding, iets waarvan u voor God duidelik aanvoel dat dit Sy wil is dat u dit doen, moet dit nooit op die ingewing van daardie gevoel doen nie. As u dit doen, sal u uiteindelik moeilikhede skep wat jare sal neem om reg te stel. Wag op God se tyd om dit tot stand te bring en Hy sal dit doen sonder enige hartbreuk of teleurstelling. Wanneer dit ’n saak van die voorsienigheidswil van God is, wag dat God beweeg.

Petrus het nie op God gewag nie, hy het in sy denke voorspel waar die toets sou kom, en die toets het gekom waar hy dit nie verwag het nie. "Ek sal my lewe ter wille van U aflê." Petrus se verklaring was eerlik maar onwetend. "Jesus het hom geantwoord ... Die haan sal nie kraai, voordat jy My drie maal verloën het nie." Dit is gesê met ’n dieper kennis van Petrus as wat Petrus van homself gehad het. Hy kon Jesus nie volg nie omdat hy homself nie geken het nie, nie geweet het waartoe hy in staat was nie. Natuurlike toewyding kan goed genoeg wees om ons tot Jesus aan te trek, om ons Sy bekoring te laat voel, maar dit sal ons nooit dissipels maak nie. Natuurlike toewyding sal Jesus altyd iewers verloën.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in