Daaglikse oordenking

WOLKE EN DUISTERNIS

Wolke en duisternis is rondom Hom.

Psalms 97:2

’n Mens wat nie uit die Gees van God gebore is nie sal vir u sê dat die leringe van Jesus eenvoudig is. Maar wanneer u met die Heilige Gees gedoop is, vind u dat "wolke en duisternis rondom Hom is." Wanneer ons in noue aanraking kom met die leringe van Jesus Christus kry ons ons eerste insig in hierdie aspek van dinge. Die enigste moontlikheid om die lering van Jesus te verstaan is deur die lig van die Gees van God aan die binnekant. As ons nog nooit die ervaring gehad het om ons alledaagse godsdienstige skoene van ons alledaagse godsdienstige voete uit te trek, en ontslae te raak van al die onbetaamlike gemeensaamheid waarmee ons God nader nie, is dit te betwyfel of ons ooit in Sy teenwoordigheid gestaan het. Die mense wat ligsinnig en gemeensaam is is dié wat nog nooit aan Jesus Christus voorgestel is nie. Ná die verstommende vreugde en vryheid daarvan om te besef wat Jesus Christus doen, kom die ondeurdringbare duisternis daarvan om te besef Wie Hy is.

Jesus het gesê: "Die woorde wat Ek tot julle spreek," nie die woorde wat Ek gespreek het nie, "hulle is gees, en hulle is lewe." Die Bybel was vir ons soveel woorde — wolke en duisternis — dan word die woorde skielik gees en lewe omdat Jesus hulle in ’n bepaalde toestand weer tot ons spreek. Dit is die wyse waarop God tot ons spreek, nie deur visioene en drome nie, maar deur woorde. Wanneer ’n mens by God uitkom is dit langs die heel eenvoudigste weg van woorde.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in