Daaglikse oordenking

"EN ELKE DEUG WAT ONS BESIT"

Al my vars fonteine sal in U wees.

Psalm 87:7 (P.B.V.)

Ons Here lap nooit ons natuurlike deugde op nie, Hy maak die hele mens aan die binnekant opnuut. "Trek die nuwe mens aan," d.w.s., sien toe dat u natuurlike menslike lewe die gewaad aantrek wat met die nuwe lewe ooreenstem. Die lewe wat God in ons plant ontwikkel sy eie deugde, nie die deugde van Adam nie maar van Jesus Christus. Let op hoe God ná heiligmaking u vertroue in natuurlike deugde, en in enige krag wat u het, sal laat verdor totdat u leer om u lewe te put uit die reservoir van die opstandingslewe van Jesus. Dank God indien u deur ’n uitdrogingservaring gaan!

Die teken dat God in ons aan die werk is is dat Hy vertroue in die natuurlike deugde bederf, omdat hulle nie beloftes is van wat ons gaan wees nie, maar oorblyfsels van wat God die mens geskep het om te wees. Ons wil aan die natuurlike deugde vasklou, terwyl God die hele tyd probeer om ons in aanraking te bring met die lewe van Jesus Christus wat nooit in terme van die natuurlike deugde beskryf kan word nie. Dit is die droewigste ding om mense in die diens van God te sien steun op dit wat die genade van God nooit aan hulle gegee het nie, steun op wat hulle deur die toeval van oorerwing het. God bou nie ons natuurlike deugde op en verander hulle van gedaante nie, omdat ons natuurlike deugde nooit enigsins naby kan kom aan wat Jesus Christus wil hê nie. Geen natuurlike liefde, geen natuurlike geduld, geen natuurlike reinheid kan ooit aan Sy eise voldoen nie. Maar namate ons elke deeltjie van ons liggaamlike lewe in harmonie bring met die nuwe lewe wat God in ons geplaas het, sal Hy in ons die deugde vertoon wat kenmerkend van die Here Jesus was.

"En elke deug wat ons besit Is Syne alleen."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in