Daaglikse oordenking

STEEDS MENSLIK!

Wat julle ook al doen, doen alles tot verheerliking van God.

1 Korintiërs 10:31

Die groot wonder van die Menswording glip in die gewone lewe van die kinderjare in; die groot wonder van die Gedaanteverandering verdwyn in die duiwelbesete vallei; die heerlikheid van die Opstanding daal af in ’n ontbyt aan die seestrand. Dit is nie ’n antiklimaks nie, maar ’n groot openbaring van God.

Die neiging is om die wonderbaarlike in ons ervaring te soek; ons sien die gevoel van heldhaftigheid vir helde-wees aan. Dit is een ding om op grootse wyse deur ’n krisis te gaan, maar iets anders om elke dag deur te gaan terwyl ons God verheerlik wanneer daar geen getuie, geen kalklig is nie, niemand wat die geringste aandag aan ons gee nie. Indien ons nie Middeleeuse stralekranse wil hê nie, wil ons iets hê wat mense sal laat sê — Wat ’n wonderlike man van gebed is hy! Wat ’n vrome toegewyde vrou is sy! Indien u reg aan die Here Jesus toegewy is, het u die verhewe hoogte bereik waar niemand ooit daaraan dink om u raak te sien nie, al wat raakgesien word is dat die krag van God die hele tyd deur u kom.

O, ek het ’n wonderlike roeping van God ontvang! Dit verg die mensgeworde Almagtige God in ons om die geringste plig tot verheerliking van God te doen. Dit verg God se Gees in ons om ons so absoluut menslik Syne te maak dat ons geheel en al onopmerklik is. Die toets van die lewe van ’n heilige is nie sukses nie, maar getrouheid in die menslike lewe soos dit daadwerklik is. Ons sal sukses in Christelike werk as die doel stel; die doel is om die heerlikheid van God in die menslike lewe te openbaar, om die lewe wat saam met Christus in God verborge is in menslike toestande te leef. Ons menslike verhoudings is die daadwerklike toestande waarin die ideale lewe van God vertoon moet word.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in