Daaglikse oordenking

DOEN DIT SELF

“Terwyl ons elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”

2 Korintiërs 10:5

Dit is ’n ander aspek van die inspannende natuur van heiligeskap. Paulus sê, "Ek neem elke plan[1] gevange om dit Christus te laat gehoorsaam." (Moffatt.) Hoeveel Christelike werk is daar vandag wat nooit gedissiplineer is nie, maar eenvoudig deur impuls tot stand gespring het! In Ons Here se lewe is elke plan tot die wil van Sy Vader gedissiplineer. Daar was nie ’n beweging van ’n impuls van Sy eie wil as iets onderskeie van dié van Sy Vader nie — "Die Seun kan niks uit Homself doen nie." Neem dan onsself — ’n helder en intens beleefde godsdienstige ervaring, en elke plan wat uit impuls gebore is, word onmiddellik in werking gestel in plaas daarvan om gevange geneem en gedissiplineer te word om Christus te gehoorsaam.

Dit is ’n dag waarin praktiese werk oorbeklemtoon word, en die heiliges wat elke plan gevange neem word gekritiseer en meegedeel dat hulle nie ernstig vir God of vir siele is nie. Ware erns word in gehoorsaamheid aan God gevind, nie in die neiging om Hom te dien wat uit die ongedissiplineerde menslike natuur gebore is nie. Dit is ondenkbaar, maar nietemin waar, dat heiliges nie elke plan gevange neem nie, maar werk vir God doen op aanstigting van hulle eie menslike natuur wat nie deur vasbeslote dissipline vergeestelik is nie.

Ons is geneig om te vergeet dat ’n mens nie slegs vir sy verlossing aan Jesus Christus gekommitteer is nie; hy is gekommitteer aan Jesus Christus se beskouing van God, van die wêreld, van sonde en van die duiwel, en dit sal beteken dat hy die verantwoordelikheid moet erken om deur die vernuwing van sy denke getransformeer te word.

← Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in