MOENIE SONDER GOD BEREKEN NIE
“Vertrou u weg aan die Here toe; vertrou ook op Hom; en Hy sal dit laat gebeur.”
Psalm 37:5
Moenie sonder God bereken nie.
God het skynbaar ’n verruklike manier om die dinge waarop ons gereken het sonder om Hom in berekening te bring te versteur. Ons beland in omstandighede wat nie deur God gekies is nie, en skielik ontdek ons dat ons sonder God bereken het; Hy het nie as ’n lewende faktor daarin gekom nie. Die een ding wat ons van die moontlikheid van bekommernis weerhou is om God as die grootste faktor in al ons berekeninge in te bring.
In ons godsdiens is dit gebruiklik om God eerste te stel, maar ons is geneig om te dink dat dit ’n aanmatiging is om Hom eerste te stel in die praktiese aangeleenthede van ons lewe. As ons ons verbeel dat ons ons Sondagstemmings moet aantrek voordat ons tot God nader, sal ons nooit tot Hom nader nie. Ons moet kom soos ons is.
Moenie bereken met die kwaad in die oog nie.
Bedoel God werklik dat ons met die kwaad geen rekening moet hou nie? "Die liefde . . . hou geen rekening met die kwaad nie." Die liefde is nie onkundig oor die bestaan van die kwaad nie, maar neem dit nie as ’n berekeningsfaktor in nie. Sonder God, reken ons wel met die kwaad; ons bereken met dit in die oog en bou al ons redenasies vanuit daardie standpunt.
Moenie bereken met die reëndag in die oog nie.
U kan nie vir ’n reëndag weglê as u Jesus Christus vertrou nie. Jesus het gesê — "Laat u hart nie ontsteld word nie." God sal nie keer dat u hart ontsteld word nie. Dit is ’n bevel — "Laat nie . . ." Hys uself honderd-en-een keer per dag op om dit te doen, totdat u in die gewoonte kom om God eerste te stel en met Hom in die oog te bereken.