Daaglikse oordenking

GOD EERSTE

Stel God Eerste in Vertroue.

"Jesus het Homself nie aan hulle toevertrou nie . . . want Hy het geweet wat in die mens was." Johannes 2:24-25 Ons Here het geen mens vertrou nie; tog was Hy nooit agterdogtig, nooit bitter, nooit in wanhoop oor enige mens nie, omdat Hy God eerste in vertroue gestel het; Hy het volkome vertrou op wat God se genade vir enige mens kon doen. As ek my vertroue eerste in mense stel, sal ek eindig deur oor almal te wanhoop; ek sal bitter word, omdat ek daarop aangedring het dat die mens moet wees wat geen mens ooit kan wees nie — volkome reg. Moet nooit enigiets behalwe die genade van God in uself of in enigiemand anders vertrou nie.

Stel God se Behoeftes Eerste.

"Kyk, Ek kom om U wil te doen, o God." Hebreërs 10:9 'n Mens se gehoorsaamheid is aan wat hy sien 'n behoefte is; Ons Here se gehoorsaamheid was aan die wil van Sy Vader. Die geroep vandag is — "Ons moet die een of ander werk kry om te doen; die heidene sterf sonder God; ons moet gaan en hulle van Hom vertel." Ons moet allereers toesien dat daar persoonlik aan God se behoeftes in ons voldoen word. "Bly julle totdat. . . ." Die doel van hierdie Kollege is om ons reg tot die behoeftes van God in verhouding te bring. Wanneer daar aan God se behoeftes in ons voldoen is, sal Hy die weg vir ons open om Sy behoeftes elders te besef.

Stel God se Vertroue Eerste.

"En elkeen wat so 'n kindjie in My Naam ontvang ontvang My." Matteus 18:5 God se vertroue is dat Hy Homself as 'n baba aan my gee. God verwag dat my persoonlike lewe moet wees 'n "Betlehem." Laat ek my natuurlike lewe toe om stadig van gedaante verander te word deur die inwonende lewe van die Seun van God? God se uiteindelike doel is dat Sy Seun in my sterflike vlees geopenbaar kan word.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in