Daaglikse oordenking

BELANGSTELLING OF VEREENSELWIGING?

Ek is saam met Christus gekruisig.

Galasiërs 2:20

Die gebiedende geestelike behoefte is om die doodsbevel oor die aard van sonde te onderteken, om alle emosionele indrukke en verstandelike oortuigings in ’n sedelike uitspraak teen die aard van sonde te verander, nl., my aanspraak op my reg op myself. Paulus sê — "Ek is saam met Christus gekruisig"; hy sê nie — "Ek het besluit om Jesus Christus na te boots," of, "Ek sal my inspan om Hom te volg" — nie maar — "Ek is in Sy dood met Hom vereenselwig." Wanneer ek tot so ’n sedelike besluit kom en daarvolgens handel, dan word alles wat Christus vir my aan die Kruis bewerk het in my bewerk. Die vrye toevertrouing van myself aan God gee die Heilige Gees die geleentheid om die heiligheid van Jesus Christus aan my toe te bedeel.

". . . nogtans leef ek. . . ." Die individualiteit bly, maar die dryfveer, die heersende aard, word ingrypend verander. Dieselfde menslike liggaam bly, maar die ou sataniese reg op myself word vernietig.

"En die lewe wat ek nou in die vlees leef . . .," nie die lewe wat ek verlang om te leef en bid om te leef nie, maar die lewe wat ek nou in my sterflike vlees leef, die lewe wat mense kan sien, "leef ek deur die geloof van die Seun van God." Hierdie geloof is nie Paulus se geloof in Jesus Christus nie, maar die geloof wat die Seun van God aan hom toebedeel het — "die geloof van die Seun van God." Dit is nie langer geloof in geloof nie, maar geloof wat oor alle bewuste grense gespring het, die identiese geloof van die Seun van God.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in