Daaglikse oordenking

TE MIDDE VAN ’N SKARE NIETIGE DINGE

. . . in baie geduld, in verdrukkinge, in nood, in benoudhede.

2 Korintiërs 6:4

Dit verg almagtige genade om die volgende stap te doen wanneer daar geen visioen en geen toeskouer is nie — die volgende stap in toewyding, die volgende stap in u studie, in u leeswerk, in u kombuis; die volgende stap in u plig, wanneer daar geen visioen van God, geen geesdrif en geen toeskouer is nie. Om daardie stap te doen verg veel meer van die genade van God, veel meer dat ons bewustelik uit God put, as wat dit verg om die Evangelie te verkondig.

Elke Christen moet deel hê aan wat die wese van die Menswording was, hy moet die ding afbring tot in daadwerklikhede van vlees en bloed en dit deur die vingerpunte uitwerk. Ons verslap wanneer daar geen visioen, geen verheffing is nie, maar net die gewone rondgang, die onbeduidende taak. Die ding wat op die lange duur vir God en vir mense tel is die bestendige volhardende werk in die onsigbare, en die enigste wyse om die lewe onverpletter te hou is om te lewe terwyl u na God kyk. Vra God om die oë van u gees oop te hou vir die Opgestane Christus, en dit sal vir sleurwerk onmoontlik wees om u te demp. Gaan voortdurend weg uit kleinlikheid en nietigheid van denke en gedagte die dertiende hoofstuk van die Evangelie volgens die heilige Johannes binne.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in